Katalekte
Die subtitel “artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan” dui reeds op die belangrikste temas in Breytenbach se nuwe bundel: afskeid, verganklikheid, die dood. Maar tog is daar ook, soos altyd, gedigte wat ’n viering is van die lewe en van die liefde. Katalekte vorm ’n drieluik met sy vorige twee bundels, Die windvanger en Die beginsel van stof. Soos voorheen, gedigte wat aards is ?n liries, sintuiglik ?n abstrak, eenvoudig ?n kompleks, onthutsend ?n teer. En steeds, die assosiasie van letsels, oorblyfsels, flardes, van onvolledigheid. En uiteindelik, ’n oorgang na “die bevryding van onsigbaarheid”.Die boek sluit 20 afbeeldings in kleur in, van pampoen tot nar: ’n integrale deel van die teks.
- Ingram
- 9780798158268
Материалы
Отзывы
Раз в месяц дарим подарки самому активному читателю.Оставляйте больше отзывов, и мы наградим вас!
Цитаты
Вы можете первыми опубликовать цитату
Где найти
-
1788,10 ₽